Laerskool Selectionpark is ‘n Afrikaanse Laerskool in Selectionpark Springs. By Parkies glo ons dat eenheid lei tot sukses. Selectionpark Afrikaans Medium (S.P.A.M.) maak gebruik van Tegnologie wat ons glo help met onderrig.
Virtuele toer
Kom stap gerus deur ons skool met die nuutste tegnologie klik op
Indien u net ons skool wil volg kan u slegs Laerskool Selectionpark gaan kies onder die lys van skole.
HOE OM D6 CONNECT AF TE LAAI EN TE GEBRUIK – huidige leerlinge
Laai D6 Connect (swart icon) af vanaf die Playstore
Die stelsel sal vra vir u selfoon nommer.
U sal dan ‘n OTP pin ontvang tik die pin in.
U sal gevra word om ‘n wagwoord te skep. (skryf/onthou asb die wagwoord)
Kies die gratis opsie.
U sal drie strepies aan die linkerkant bo aan die skerm sien.
Indien Laerskool Selectionpark klaar gekies is en die stel wys nie u kinders in die skool nie druk die kruisie langsaan om die skool te kanselleer.
U sal ‘n sms ontvang met ‘n link om ‘n token te aktiveer druk op die link en skryf die tokennommer neer of copy dit na u foon.
Gaan nou na die drie strepies links bo aan die skerm.
Druk koppel
Druk Token
U sal op ‘n stadium gevra word vir u ID nommer sowel as u kind se ID nommer indien die token nie u kind outomaties koppel nie.
Tik die tokennommer in
Volg die stappe
Sodra u dan weer na die drie strepies gaan sal u kind/kinders onder Laerskool Selectionpark wees.
Om huiswerk, punte ens te besigtig gaan na die i aan die regterkant onder en dan na die verskillende “tabs of na die drie strepies links bo druk op u kind en druk op die verskillende “tabs” bv. Huiswerk om te sien wat gelaai is vir u kind.”
Enige navae kan direk aan D6 connect gerig word by appsupport@d6.co.za